top of page

14/06/2017 Galasiërs

  • Regina Torre
  • Jun 28, 2017
  • 10 min read

Updated: Feb 1, 2023

Hoofstuk 1


Paulus se groet


3          Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,

4          wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

5          aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

Paulus se teregwysing

6          Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van Hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,

7          terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.


Paulus se storie


13        Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het;

14        en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral ‘n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.


Die teenwoordige bose wêreld van die Galasiërs verskil nie veel van ons huidige bose wêreld onder leiding van Satan nie. Paulus is erg verbaas dat die Galasiërs so gou afvallig word van God. Die woord afvallig vertaal uit die Grieks as militêre opstand. Hoekom luister die mense na die verkeerde boodskap? En hoekom aanvaar hulle dit so gou?


Daar was sekere Jode wat die boodskap van genade gemeng het met die wet. Hulle het geleer dat ‘n mens gered word deur geloof + onderhouding van die wet. Hulle wou he dat die nuwe Christene die Joodse wette en tradisies moes aanvaar.


Amper soos ons ook soms verkeerdelik dink dat ons goed moet doen om God te behaag, en vergeet dat ons NET MOET GLO!


Paulus vertel sy storie sodat die sleg en goed in hom gesien kan word. Sy totale omkeer van ‘n persoon wat Christene vervolg het, na ‘n persoon wat ‘n passie het om almal na Christus te wil lei.


Hoofstuk 2


Paulus vermaan Petrus om nie skynheilig te wees nie.


11        Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.

12        Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.

13        En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.

14        Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

15        Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,

16        terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.


Hoofstuk 3


Hoe het julle die Heilige Gees ontvang?


2          Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

3          Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?


Het julle verniet gely?


4          Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!

Op watter basis is die wonderwerke (kragte) verrig (bonatuurlik of werke)

5          Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?


Selfs Abraham het geglo – 430 jaar voor die wet


6          Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

7          Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.


Genesis 15:6             En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

8          En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.

9          Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.


Genesis 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.


10        Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.


Deuternomium 27:26          Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.


11        En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.


Habakuk 2:4  Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.


12        Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.


Levietikus 18:5         Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.


13        Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—


Deut 21:23      dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek.


14        sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.


Ons as nie-Jode wat glo, ontvang die seën van die Heilige Gees


15        Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.


Die wet wat 430 jaar later gekom het, kon nie die verbond tussen God en Abraham nietig maak nie.


16        Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.


Paulus herinner ons dat die seëninge deur ‘n enkele persoon sou kom, Jesus.


17        Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.

18        Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ‘n belofte genadiglik geskenk.

19        Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar.


Die wet is gegee om ons sondes uit te wys, en nie om ons sondes te verwyder nie.


Hoofstuk 4


In die konteks van die dag was ‘n kind, ten spyte van sy posisie as erfgenaam, ‘n slaaf – sonder regte in die huishouding – totdat die pa besluit het dat die kind die regte van sy erfenis kon kry. Die wet funksioneer, soos in die voorbeeld, as ‘n voog vir God se mense tot die vasgestelde tyd bepaal deur God die Vader. Die koms van Christus het gelowiges bevry om hul geestelike erfenis te ontvang en as volwasse seuns van God te leef.


4          Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,

5          om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

6          En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

7          Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.

21        Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?

22        Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.

23        Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.

24        Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar;


Sinnebeeld – ‘n storie, gedig of prentjie wat n verborge betekenis te openbaar


28        Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;

God het nooit die wet aan die heidene gegee nie. Die morele wet was reeds in die heidene se harte geskryf


Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;


Maar die seremoniële wet is nooit aan die heidene gegee nie. Die wet is bygevoeg en was nie ‘n plaasvervanger vir die beloftes aan Abraham nie. Toe die saad (Christus) gekom het, is die wet vervang.


 Hoofstuk 5


As jy dan in die wet wil wees, het jy nie deel aan die genade nie


2          Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.

3          En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

4          Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

6          Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

13        Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

14        Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

16        Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

17        want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

18        Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.


Die werke van die vlees


19        En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

20        afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

21        afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.


Die vrug van die Gees


22        Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

23        Teen sulke dinge is die wet nie.

Liefde / Love – Die grootste van alle deugde. Liefde is die krag wat ons beweeg om te reageer op iemand se behoeftes sonder enige verwagting van ‘n beloning.


1 Johannes 4:8    Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.


1 Johannes 3:16    Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.


Blydskap / Joy – ‘n Inniige hoop en uitbundigheid ten spyte van uiterlike omstandighede. Vreugde verskil van blydskap, wat staatmaak op gunstige omstandighede.


Johannes 15:11      Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.


Nehemai 8:10        Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting.


Vrede / Peace – Beide ‘n bonatuurlike kalmte, te midde van chaos en die vermoë om harmonie te bring aan verdeelde partye.


Johannes 14:27       Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.


Fillipense 4:7     En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.


Lankmoedigheid / Longsuffering – Die rustige gewilligheid om irriterende of pynlike situasies te aanvaar.


Psalm 86:15 – Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.


Matt 24:13 – Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.


Vriendelikheid / Kindness – Vrygewigheid en om ander in oorweging te neem.


Matt 19:14 – Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.


Effesiers 4: 31-32 – Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.


Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.


Goedheid / Goodness – Morele uitnemendheid


Psalm 106:1 – Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.


Hand 10:38 – met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.


Getrouheid / Faithfulness – Volgehoue lojaliteit en betroubaarheid


Lukas 16: 10-12 – Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.


As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?


En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

Sagmoedigheid / Gentleness – Die krag om jou reaksies op moeilike mense en situasies te beheer. Dit moet nie verwar word met swakheid nie.


Jakobus/ James 1: 21 – Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.


Gal 6:1 – Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.


Selfbeheersing / Self-control – Die vermoë om onvanpaste passies en eetlusse te beperk


2 Petrus 1: 5-7 – En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.


Hoofstuk 6


2          Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

3          Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.

4          Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen


wat homself betref en nie wat die ander betref nie.


5          Want elkeen sal sy eie pak dra.

7          Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

8          Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

9          En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

10        Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.

Comments


  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page